9 woorde vir die slaapkamer

slaapkamer,seks
Foto: Verskaf

Ons was al almal daar. Jy neem die meisie op ‘n date, jy sê al die regte goed, nooi haar na jou plekkie toe… 

Nou begin die pret. In die slaapkamer maak sy die deur agter julle toe en met ‘n gladde beweging van die hand maak sy ‘n knoop los en staan dan poedel nakend voor jou. Jy is oorkom met lus en voel genope om iets te sê, enigiets, net om die bal aan die rol te sit vir julle twee om in die bed te spring. So wat doen jy? Jy sê die eerste ding wat in jou kop in kom: “Vuil piesangs en mieliemeelpap in tee.”

Ongelukkig, is dit die verkeerd ding. “Talking dirty” in die slaapkamer kan soms… wel, moeilik wees, maar dit hoef nie intimiderend te wees nie. Om jou ‘n bietjie te help lys ons nege woorde wat beslis in die slaapkamer in jou guns sal tel.

1. “Ja”

Dit mag dalk voorkom asof die woord ‘ja’ al tot vervelings toe gebruik is, maar dit is die een woord wat sekerheid tussen julle bewerkstellig. En dit kan die groot sleutel wees om die vrou se drange wakker te maak. As sy ‘n kreun uitlaat en jy gee te kenne dat jy daarvan hou – deur óf ja te sê of uh-huh te maak – gee dit haar die vryheid om die plesier aan te gryp en haarself in die oomblik te verloor. Dit sal haar help om oor te gee aan jou.

2. “Styf”

Nee, dis nie vir jou om na jou stywe yster te verwys nie, maar eerder om te sê wanneer jy binne haar is. Deur te sê dat haar vagina lekker styf is, is ‘n baie goeie alternatief vir: “Ek geniet ons seksuele interaksie vreeslik baie. Dit maak my opstandig.” Dit is ‘n sterk woord om te gebruik en laat haar weer soos ‘n maagd voel. Dink Madonna se “Like a Virgin, touched for the very first time”. Dit gee haar ook die versekering dat sy jou goed laat voel. Maar asseblief: moet net nie vir haar jok nie. Sy kén haar liggaam…

3. “Nat”

Laat ons nie doekies omdraai nie: dis vrek moeilik vir ‘n man om nie te wys dat hy lus het nie. Sodra die bloed begin pomp is daar so ‘n knop wat teen jou broek begin druk, maar vir ‘n vrou is dit ‘n kleine bietjie meer kompliseerd. Dit mag snaaks klink, maar jy kan haar jags maak deur vir haar te sê dat sy alreeds lus is vir jou. As jy haar daar onder soen of met jou vingers in en uit gly, kan jy vir haar sê dat sy nat is. Soms kan die brein nie die onderskeiding maak tussen wat is en wat nie is nie, maar sodra jy haar oortuig/sê dat sy nat is, sal haar liggaam op die regte manier reageer.

4. Haar naam

Deur haar naam te noem is duisend maal beter as om, byvoorbeeld, die goudvis wat jy op 8-jarige-ouderdom gehad het se naam uit te roep. Vroulike stimulasie is ‘n bietjie “narsisisties”, so hoekom nie op dit speel nie. Wanneer sy haar naam hoor voel sy spesiaal want dit gaan oor haar, en sy is die enigste een wat vir jou saak maak. Jy is intiem met haar en nie met enige mens wat jy van die straat af gekry het nie.

5. “Jy”

Enigiemand kan seksueel aangewakker word, maar sy sal baie meer spesiaal voel as sy weet dat sy dit vir jou doen. As sy weet dat sy jou op al die regte plekke lekker laat voel. Sy wil weet dat daar iets omtrent haar is wat jou tone laat krul, so sê vir haar hoe sy jou affekteer en huts haar aan om te doen wat sy doen. Dit sal te kenne gee dat jy haar begeer.

6. Gee ‘hom’ ‘n naam

Iewers gedurende seks en die ‘dirty talk’ gaan jy na jou penis moet verwys. Wanneer daardie tyd aanbreek sal jy eerder ‘n wetenskaplike benaming wil gebruik om na jou penis te verwys, of jou penis met ‘n belaglike kreatiewe naam te herdoop. So instede daarvan om te vra of die MSC Loveboat in die hawe kan vaar, gebruik die woord ‘n kragwoord. Iets sterk en manlik wat sal help om die mure van versigtigheid af te breek.

7. “Hê”

Beide mans en vroue wil voel dat hulle begeer word en daardie begeerte speel ‘n belangrike rol in beide se seksuele ervaring. En, op ‘n manier, om haar daardie begeerte te laat voel is om haar te laat weet dat jy haar begeer. ‘n Vrou wil weet dat ‘n man mal is oor haar; sy wil weet dat sy met jou kop smokkel. En sy sal in jou drange speel as jy vir haar sê dat jy haar wil hê.

8. “Kom”

Natuurlik verwys ons hier na die ander bedoeling, maar gedurende seks weet jy en sy presies van watter “kom” jy praat. Soortgelyk soos om vir haar te sê dat sy nat is haar kan help om nat te raak, kan jy ook met haar orgasme speel. Beheer dit deur vir haar te sê dat sy nie gaan of mag kom nie. Oefen beheer oor haar uit en smokkel met haar kop en liggaam. “Kom” is ook die enigste woord wat begeerte, plesier, orgasme, en ‘n gevoel van geen beheer oordra. Gebruik dit.

9. “Liefde”

As jy nie op haar verlief is nie, sal dit nie so ‘n goeie idee wees om te sê dat jy haar liefhet nie, maar jy kan sê dat jy lief is vir haar liggaam, of die manier hoe sy beweeg. Dit sal haar verder stimuleer. Liefde is ‘n verskrilike sterk woord en is beide intens en spesiaal. “Ek hou van hoe jy lyk” is lou, maar “Ek is mal/lief vir hoe jy lyk” is baie positief en passievol.