Honda Jazz Sport: 4 interessante punte

honda,jazz,sport,jazz sport,honda jazz sport,manskap,suid-afrika,south africa,manskap
Foto: Charlen Raymond

Vroeër hierdie jaar het Honda sy nuwe Civic Type R in Durban bekendgestel, maar het sommer ook die kans gebruik om sy Jazz Sport te loods. Die Jazz, een van Suid-Afrika se bekendste luikrûe, is ʼn gewilde karretjie en word gesteun deur Honda se goeie reputasie en bougehalte.

Om die reeks vars en relevant te hou, het Honda besluit om die Sport die nuwe top model in die reeks te maak, wat beteken dat die Dynamic model nou wegval. Die Jazz Sport het heelwat skietgoed om van dit die nuwe leier in sy reeks te maak en word ondersteun deur ʼn pakket wat mooi bymekaar kom.

Hier is vier lekker punte wat die Jazz Sport ʼn wenner behoort te maak.

1. Kant tot kant

Dis darem nou een ding wat Honda net reg gekry het: daardie ontwerp van die Jazz Sport. Hierdie toetsmodel is in ʼn lekker blou kleur toegerus, maar word goed afgerond deur swart wiele en rooi strepe by die voorste en agterste buffers. Verder is daar ook ʼn subtiele, dog treffende, drukvlerk wat oor die agterste venster hang.

Binne word die sport tema voort gesit. Die sitplekke is nou nie leer nie, maar dis gemaklik en vou en klou om jou heupe. Die mediastelsel is eenvoudig, maar lees alle toestelle waarop jou musiek gestoor is. Op die stuurwiel is die nodige beheerknoppe waarmee jy spoedbeheer kan aktiveer, sowel as die musiek beheer. Alle vensters is elektries, maar die sitplekke moet nog met die hand verstel word. Iets wat maar standaard in hierdie segment is.

honda,jazz,sport,jazz sport,honda jazz sport,manskap,suid-afrika,south africa,manskap
Foto: Charlen Raymond

2. Lewendige enjin

Iets omtrent uniek tot Japanese vervaardigers is is die feit dat hulle nie sommer by turbo-tegnologie gebruik maak nie. Diesel enjins het mos maar natuurlik ʼn turbo of twee wat aan die enjin geskroef is, maar petrol enjins nie altyd nie. Die Jazz Sport word steeds die 1.5-liter aangevuur wat in die Jazz Elegance óók diens doen, maar krag word nou opgestoot tot by 97kW en 155Nm se wringkrag. Daar is woema wanneer jy jou voet neersit en die gebrek aan krag wat van lae toere af beskikbaar is word amper – amper – nie gemis nie.

Die enjin is aan ʼn sewe-spoed outomatiese CVT ratkas gekoppel, maar voor ons Honda uitjou vir hul besluit om hierdie tipe ratkas in te span, laat ek net dit sê: dis een van die beter CVT ratkaste tans in Suid-Afrika! Die ratkas skakel baie ag oor, maar wanneer mens die versneller trap dan hardloop die toere maar in die rooi in. Wat ook lekker is is dat wanneer jy nodig het om vinnig verby stadiger verkeer te skiet, skakel net die ratkas oor in Sport modus en gooi mielies. En wanneer die verbysteek gedoen is, skakel oor na gewone Drive en suiker weer verder sonder moeite.

Daar is spane agter die stuurwiel waarmee mens die ratte kan verwissel, maar omdat dit ʼn CVT is het ek gevind dat dit maar beter is om die ratkas aan sy eie genade oor te laat. Persoonlikheid sou ek ʼn ses-spoed handratkas verkies het, net om daai Jazz Sport benaming gestand te doen.

honda,jazz,sport,jazz sport,honda jazz sport,manskap,suid-afrika,south africa,manskap
Foto: Charlen Raymond

3. Ritgehalte

Dis goed en wel om ʼn kar te hê wat se enjin en ratkas goed saam speel, maar die derde aspek van daardie verhouding is dat dit moet saam kom om die ritgehalte te ondersteun. Die Jazz Sport het ʼn lekker hoë sitposisie, wat dalk vir sommige ʼn probleem kan wees, maar mens kan darem die stuurwiel vir reik, diepte, en hoogte verstel. So dit help om ʼn ideale bestuursposisie in te neem.

Die stuurgevoel gee genoeg terugvoering van wat tussen die bande en die pad gebeur. Daar is ʼn direktheid omtrent die stuurgevoel, maar nie só direk dat dit dadelik op elke inset reageer nie. Oor langer afstande voel mens nie moeg nie, en in die dorp is dit glad nie sleg wanneer daar vinnig winkel toe geglip moet word nie.

4. Prys

Die Honda Jazz is ʼn alternatief teenoor manne soos die Volkswagen Polo en Ford Fiesta. Sy ontwerp, houding, en doel is anders as die voorgenoemdes sʼn en maak dit die kar meer van ʼn volwasse opsie as die jeugdige gevoel wat die Polo en Fiesta na buite stuur. Maar die Jazz Sport spreek daardie jeugdigheid aan. Teen R312 900 (Julie 2018) kos dit ʼn bietjie geld, maar die pakket is goed aanmekaar gesteek.

Dit bied nie die allerbeste van toerusting nie en daar is nie iets omtrent die pakket wat “beste in die klas” skreeu nie, maar dit bevat al die elemente wat Honda bekend voor is. En as ʼn bonus ry dit baie lekker, ook!

honda,jazz,sport,jazz sport,honda jazz sport,manskap,suid-afrika,south africa,manskap
Foto: Charlen Raymond