Hyundai wys sy nuwe Venue

Manskap,hyundai,venue,hyundai venue,suv,new models,south africa,suid-afrika
Foto: Hyundai SA

Hyundai het pas die sluier op ʼn nuwe model gelig, genaamd die Venue, wat onder die Kona as Hyundai se kleinste SUV sal inskuif. Die ander moelle in Hyundai se SUV stal sluit die Creta, Tucson en Santa Fé in. Die Venue, wat vir plaaslike bekendstelling in 2019 se vierde kwartaal beplan word, sal die vervaardiger se goedkoopste SUV wees, maar gaan blykbaar goed toegerus wees.

Die Venue sal in Hyundia se aanlegte in Suid-Korea en Indië gebou word en is omtrent ʼn hoekige mannetjie. Die ontwerp slaan ʼn nuwe rigting vir Hyundai se ontwerpe in en is een van die vervaardiger se mees kontemporêre voertuie. Nes die Kona spog die Venue met kopligte wat vir die regte redes uitstaan.

Manskap,hyundai,venue,hyundai venue,suv,new models,south africa,suid-afrika
Foto: Hyundai SA

Prakties

Daar is nog nie baie inligting omtrent die Venue nie, omdat dit amptelik vir die eerste keer by laas week se New York se Motorskou gewys was. Wat ons wel weet is dat die tweede ry sitplekke platgeslaan kan word om die laairuim te vergroot, sodat die Venue as alternatief vir sub-kompakte karre kan wees.

Verder is daar ook ʼn 8-duim kleurskerm wat raak-funskie het en die videobeeld van die tru-kamera vertoon. Die multimedia stelsel sal ook met Apple CarPlay en Android Auto toegerus wees. Hyundai sal ook die Venue van meer as een USB slot voorsien en die informasie kluster voor die bestuurder sal ook uniek tot die Venue wees.

Nuus rakende kragbronne is nog nie bekend nie, maar dis veilig om aan te neem dat dieselfde óf aangepaste weergawes van die enjins wat in die Kona diens doen – ʼn 1.0-liter turbo 88kW/172Nm, en ʼn 2.0-liter 110kW/180Nm – in die Venue gebruik sal word.

Pryse sal later vanjaar bekend gemaak word.

Lees: Hyundai slaan raak met Kona 1.0T