ʼn Kombuis? Agterop my bakkie?!

manskap,isuzu,rsi canopy,cape town,kaapstad,south africa,suid-afrika,outdoors,adventure,buitelewe,avontuur
Foto: Charlen Raymond

In 2018 het Isuzu Suid-Afrika sy KB bakkie vernuwe en ook toe sommer die wa van ʼn nuwe naam voorsien, die D-Max (wat internasionaal deur Isuzu gebruik word). En alhoewel die D-Max aangaan waar die KB gestop het, kan mens nie help om aan die KB te dink en die voetspore wat dit in Suid-Afrika gelos het nie.

As ʼn tipe laaste hoorah vir die KB, het Isuzu besluit om een van dié bakkies Kaap toe te stuur vir ons as media. Maar dis nie jou gewone KB nie, o nee. Hierdie een het ʼn paar toertjies om mee te spog.

Dié KB is toegerus met robuuste voor- en agterste buffers, verhoogde suspensie, en ʼn kappie wat meer as… wel, ʼn kappie is. Die KB mag nie meer te koop wees nie, maar die bakkie wat homself oor die jare bewys het kry nou die vaarwel wat dit toekom.

Check daai kappie, Pappie!

Die kappie wat agterop die bakkie gepas is word deur RSI Smart Canopy vervaardig en is baie meer spesiaal as eerste oogopslag. Geverf in dieselfde kleur as die bakkie, is hierdie spesiaal geboude kappie met ʼn kombuis aan die regterkant toegerus. Yip, jy het reg gelees: ʼn kombuis. Maak die knippies los en die deurtjie skiet boontoe om ʼn (amper) volle toegeruste kombuis te wys.

Messe en vurke, glase, bekers, ʼn sker, vuurhoutjies en nog kan hier gevind word. Maar dis nie al nie. Daar is ook ʼn ketel en ʼn stofie! ʼn Stoof wat met sy eie pypie kom! Die enigste ding wat jy moet verskaf is ʼn gasbottel (jy kan ook spesifiseer dat die kappie ʼn stoorplek vir jou gasbottel het). Die stoof vou plat om toegang tot voorafgenoemde toerusting te bied en jy kan dit stabiliseer met die ysterkabels wat verskaf word. Aan die teenoorgestelde kant van die kappie is ook ʼn venster wat oopvou om die in- en uitpak van goedere te vergemaklik.

Die voor- en agterste buffers is vir off-road doeleindes gemaak en kan mens sommer dadelik sien wat hierdie bakkie se intensie is. Misligte word by die voorste buffer ingewerk en ʼn stel baie helder LED ligte sit slap in die middel; net bo die nommerplaat. En as jy sou besluit om deur ʼn poel water te ry, is daar ʼn addisionele luginlaat om lug by die enjin in te voer.

manskap,isuzu,rsi canopy,cape town,kaapstad,south africa,suid-afrika,outdoors,adventure,buitelewe,avontuur,charlen raymond
Foto: Lauren Fredericks

X-Rider as basis

Die KB X-Rider wat Isuzu gestuur het is met die maatskappy se 2.5-liter diesel enjin toegerus. Die turbo-aangejaagde masjien lewer 100kW en 320Nm en word dit aan ʼn vyf-spoed handratkas gekoppel. Alleen weeg hierdie X-Rider, wat met ʼn 4×4 stelsel toegerus is, net oor die 2 ton, en die addisionele gewig (kappie en buffers) voeg nog by. Dit het ʼn uitwerking op verrigting en dieselverbruik, maar wanneer dit by 4×4 dinge kom kan mens nêrens ʼn vinger wys nie.

Lees: Nuwe naam, stééds die geharde ‘KB’

En wat lekker is is dat wanneer jy gaan 4×4, beweeg die toerusting wat saam met die kappie kom nie rond nie.

Dié’s van ons wat mal is oor die buitelewe sal hierdie kappie sonder gestry verwelkom. Potentiële kopers kan spesifeer wat hulle alles op en aan en in die kappie wil hê en kan jy dit bestel vir ander bakkies ook; nie net Isuzu nie. Mens besef nie hoe baie jy ʼn kappie soos dit nodig het tot jy dit eers begin gebruik nie.

manskap,isuzu,rsi canopy,cape town,kaapstad,south africa,suid-afrika,outdoors,adventure,buitelewe,avontuur
Foto: Charlen Raymond