ʼn Suzuki om te Dzire?

suzuki,manskap,dzire,suzuki dzire,south africa,suid-afrika,cape town,kaapstad,stellenbosch
Foto: Warren Wilson

Suzuki se nuwe Dzire is in Suid-Afrika en moet dit ʼn kraak in die mark slaan. Ons vind uit wat die nuwe sedan als bied.

In die verlede wanneer mens aan Suzuki sou dink, was dit altyd hul motorfietse wat eerste by my opkom, maar deesdae is dit nie die geval nie. Suzuki se portefeulje het die laaste paar jare en dekades goed ontwikkel en al oor ʼn ruk sou iets nuut tot die modelreekse gevoeg word. En selfs vanjaar ook was daar heelwat nuwe, bekostigbare opsies wat bygevoeg was. Beslis ʼn goeie ding.

Met dit ingedagte kom maak die nuwe Suzuki Dzire dan sy opwagting. Die wat weet, weet dat dit maar eintlik ʼn Suzuki Swift met meer spasie is. En wanneer ek sê meer spasie, dan bedoel ek dit. Want daardie ekstra ruimte beteken dat mens nou meer bagasie kan inlaai en gemaklik met vyf volwassenes kan rondry, sonder dat hulle voel dat daar op onwelvoeglike maniere aan mekaar geraak word.

suzuki,manskap,dzire,suzuki dzire,south africa,suid-afrika,cape town,kaapstad,stellenbosch
Foto: Warren Wilson

Die pakket

Dieselfde enjin wat in die Swift diens doen, word ook hier ingespan. Die 1.2-liter enjin skop 61kW en 110Nm uit en is glad nie skaam om gedruk te word nie. Kraglewering voel lekker sterk, maar agv die motor se swaarder gewig oor die Swift trek dit effe swaarder. Al trek dit swaar, is die kwaliteit van die rit baie goed: sag en gemaklik. ʼn Vyf-spoed handratkas stuur krag na die voorwiele.

Dis darem ʼn jammerte dat ons mark nie die opsies het wat aan Europese kopers beskikbaar is nie, maar ek neem aan dis om kostes laag te hou. Die mediastelsel voel en lyk ouer as dié’s wat mens in ouer karre in dieselfde segment kry, maar dit werk. En anyways, ek dink nie voornemende kopers sal te veel klagtes oor die stelsel hê nie; dit werk en dis al wat saak maak. Plus dit ondersteun Bluetooth en USB. Ander ekstras wat standaard tot die pakket is sluit in ʼn ritrekenaar, beheerknoppe op die stuurwiel, dagry-LED ligte, en ʼn klankstelsel wat lekker hard speel.

Gallery: Suzuki Dzire 1.2 GL

Binne is alles goed uiteengesit en is die informasie paneel voor die bestuurder ook nuut. Silwer afwerking kom op die regte plekke voor en is daar selfs waaiers vir die insittendes agter. Die stuurwiel voel net bietjies dun tussen ʼn mens se hande, maar die kar draai lekker en gemaklik. Van buite lyk die Dzire effens anders as die Swift. Daar is ʼn nuwe sierrooster, nuwe buffers voor en agter, nuwe hoofligte, en lyk dit amper asof die kar se wange bietjie vetter ook is. Ek is nie juis ʼn groot aanhanger van die Dzire se ontwerp nie en sal eerder wou sien dat meer van die Swift se ontwerp hier toegepas word.

suzuki,manskap,dzire,suzuki dzire,south africa,suid-afrika,cape town,kaapstad,stellenbosch
Foto: Warren Wilson

My twee sent

Daar is heelwat kompetisie vir die Dzire in ons plaaslike mark, en as ons kyk na die nuwe Honda Amaze en Toyata Etios sedan is die Dzire nogsteeds goedkoper. Dit het nou nie soveel standaard toerusting soos die Honda nie, maar wen die Toyota in terme van dit.

Lees: Suzuki Swift se krag lê in eenvoud

Dit laat my toe dink aan wie die Dzire eintlik gaan koop en ek besef dat dis paartjies of families wat net nou die dag hul gesinnetjie uitgebrei het en vinnig moes grootword. Ons kom mos almal op ʼn stadium dat ons die dinge van ʼn kind moet opoffer om na ʼn (duur) nuwe kleinding om te sien, maar die Dzire help om die begroting te beperk en dat jy nie maand na maand gate in jou sakke brand nie

Die mark vir goedkoop sedans is vol opsies en sommige lyk mooier as ander, maar die Dzire praat met jou op heelwat gebiede. Ek dink dis veilig om te sê dat dis aan in Japan!

Prys: Suzuki Dzire 1.2 – GL R178 900

suzuki,manskap,dzire,suzuki dzire,south africa,suid-afrika,cape town,kaapstad,stellenbosch
Foto: Warren Wilson