Nuwe Ford EcoSport nou in SA

ford ecosport,ford,ecosport,manskap
Foto: Charlen Raymond

ʼn Bekende gesig op Suid-Afrikaanse paaie, die Ford EcoSport, was onlangs verfris en in SA geloods. Met ʼn vars ontwerp en nuwe tegnologieë hoop die EcoSport om aan dieselfde behoeftes en doele waarin die uitgaande model voorsien het, te voldoen; onderwyl dit tot die pakket byvoeg waaraan so baie Suid-Afrikaners aan gewoont geraak het. Sedert die voertuig se plaaslike bekendstelling in 2013, het Ford dit reggekry om duisende van hierdie SUVs van die hand te sit en is die EcoSport ʼn gereelde top-verkoper in die Suid-Afrikaanse nuwe motor mark.

Die EcoSport het daardie gaping in die mark gevind waar kopers nie té veel gepla is met groot SUVs nie, maar eerder iets soek wat aan hul alledaagse behoeftes voldoen sonder om hul leefstyl keuses negatief te beïnvloed.

En dis wat Ford oor die jare met die EcoSport reggekry het en hoop hulle dat die nuwe model daardie tendens sal voorsit.

Vars, nuwe gesig

Die nuwe EcoSport behou grootliks dieselfde ontwerp wat die SUV so ʼn gunsteling gemaak het, maar die algehele gevoel is verander om die voertuig se volgende fase in Suid-Afrika te akkommodeer. Agter is die spaarwiel steeds op die agterste deur, maar is daar nou ʼn plastiek omhulsel om die wiel te beskerm. Selfs met die wiel agter op is visie deur die tru-spieël steeds goed.

Afhangend van die spesifikasie is daar ʼn stel wiele om van te kies, elk met sy unieke ontwerp. Beide voor- en agterligte het nuwe ontwerpe en dagry LED ligte is nou standaard. Die voor en agterste buffers is ook nuut, met parkeer sensors agter.

Die voorkant is seker die mini SUV se grootste aantrekkingspunt en het dit ʼn nuwe sierrooster en ontwerp vir die enjinkap.

ford ecosport,ford,ecosport,manskap
Foto: Charlen Raymond

Enjins en ratkaste

By die bekendstelling was die EcoSport slegs met die 1.0-liter drie-silinder enjin beskikbaar, maar kopers is daar ook ʼn 1.5-liter diesel enjin om van te kies. Die diesel model, slegs beskikbaar in Ambiente afwerking, is die bekostigbare opsie in die reeks en bied kragvlakke van 74kW en 205Nm. Ford seg dat hierdie enjin slegs met ʼn vyf-spoed handratkas beskikbaar is.

Die enjin wat media verteenwoordigers kon ervaar was aan Ford se nuwe ses-spoed outomatiese ratkas gekoppel. Die ratkas is nie Ford se PowerShift ratkas nie, maar ʼn nuwe wringkrag geleier ‘kas wat ook in Ford se opkomende Ranger Raptor ingespan word. Maar teenoor die Raptor se tien ratte bied die EcoSport sʼn slegs ses.

Die drie-silinder enjin, ʼn ses-keer Enjin van die Jaar wenner, lewer 92kW en 170Nm. Die enjin se verrigting kan ook aangepas word deur die ratkas in Sport modus oor te skakel en dan die ratte via die spane agter die stuurwiel te verander. Praat van, die spane is standaard op alle outomatiese modelle, maar is net bruikbaar wanneer die ratkas in Sport is.

Op die pad

Die roete vir die loodsing het ʼn verskeidenheid van padoppervlaktes ingelsuit, waaronder nasionale paaie en bitter slegte grondpaaie. Die SUV moes omtrent uithaal en wys om dit wat Kwazulu-Natal sy kant toe gooi te kan hanteer. Die tog begin by King Shaka internasionale lughawe en vandaar deur grondpaaie wat die EcoSport se suspensie tot die uiterstes beproef het.

Maar die Ford EcoSport het deur die geseil danksy goeie grondvryhoogte van 206mm. Die steiltes het vir groot opskop gesorg soos die voorwiele vir greep op die los sand skarrel, maar dit was grootliks omdat die steiltes vanaf ʼn stilstaande posisie aangevat was. Sou die SUV dit met momentum aanvat, sou daar nie veel wieltol wees nie.

Afgesien van die kondisie van die paaie het die EcoSport gemaklik gevoel en was daar ook nie die geskud van komponente wat los kom nie. Stuurgevoel was stewig en het die nie die voertuig se padgedrag negatief beïnvloed nie.

Op die teer het die EcoSport met sy soepel ry-kwailiteit en bitter lae geraasvlakke beïndruk. Teen nasionale snelhede het petrolverbruik tot onder die 6.0 L/100km merk gedaal en was die enjin konstant goed op die insette van die versneller. Die ratkas het ook meer kere as nie die regte rat gehaak. En alhoewel mens die sitplekke met die hand moet verstel, is dit maklik om ʼn gemaklike posisie te kry.

ford ecosport,ford,ecosport,manskap
Foto: Charlen Raymond

Afwerkingsvlakke

Saam met die Ambiente afwerkingsvlak wat slegs op die diesel model beskikbaar is, is die 1.0-liter EcoSport modelle in Trend en Titanium beskikbaar. Die Ambiente model, as begin, het ʼn raakskerm bo-op die middelkonsole vanwaar mens die media kan beheer, maar die skerm is slegs 4.2” groot en is toegerus met Ford se Sync1 multi-media stelsel. Die Trend (6.5” raakskerm) en Titanium (8” raakskerm) is toegerus met Ford Sync3. Al drie media stelses is toegerus met Bluetooth, stembeheer, beheerknoppe op die stuurwiel en twee USB slotte.

Die Ambiente en Trend modelle het 16-duim wiele, en die Titanium 17-duim eenhede. Die twee laasgenoemde afwerkingsvlakke het sewe lugsakke teenoor die Ambiente se ses.

Ford het ook nuwe materiale op die sitplekke ingespan, sowel as ʼn nuwe ontwerp vir die klimaatbeheer en informasie klusters voor die bestuurder. Die Titanium modelle kan ook sonder ʼn sleutel aangeskakel word. Die laairuim kan 333L se bagasie sluk en die laairuim se vloer kan ʼn gewig van tot 300kg dra.

Die EcoSport het ditself as die tweede bes-verkopende Ford in Suid-Afrika naas die Ranger kom vestig en besit ʼn segment aandeel van 38%. Die nuwe model blyk nog ʼn sukses vir Ford te wees en hoop die manne van die Blou Ovaal dat dit die sukses van die uitgaande model sal voortsit.

Pryse:

Ford EcoSport 1.5 TDCi Ambiente – R264 500
Ford EcoSport 1.0T Trend – R287 500
Ford EcoSport 1.0T Trend outo – R300 700
Ford EcoSport 1.0T Titanium – R327 800
Ford EcoSport 1.0T Titanium outo – R339 900

ford ecosport,ford,ecosport,manskap
Foto: Charlen Raymond