O oh! Dié Isuzu gaan gatte skop

Manskap,arctic trucks,isuzu,isuzu arctic at 35, bakkie,truck,south africa,suid-afrika,4x4,off-road,offroad
Foto: Isuzu SA

Isuzu het hul eie aanleg in Port Elizabeth waar hulle die D-Max bakkie bou. En alhoewel die bakkie glad nie sleg vaar in terme van verkope nie, het Isuzu dit goed gedink om die reeks met ʼn nuwe top model te voorsien. ʼn Top model wat 4×4 vermoëns tot die volgende vlak neem.

Nou as jy gedink het dat daai Ford Ranger by die mall met die aangeplakte Raptor kit ʼn kwaai bakkie is, dan het ons nuus vir jou. Want soos sake tans staan is daar ʼn nuwe baas van die plaas en hy word net hier in Suid-Afrika gebou.

En dis waar die Isuzu D-Max Arctic AT 35 in kom.

48mm hoër

Die Arctic AT 35, wat die D-Max 300 4×4 dubbelkajuit LX outomaties as basis gebruik, word in noue samewerking met Arctic Trucks gebou. Dié maatskappy van Ysland is bekend daarvoor om bakkies te omskep in masjiene wat enige ongenaakbare taak met gemak kan aanvat.

Die Arctic AT 35 het al die nodige toetse geslaag om plaaslik losgelaat te word en het Isuzu se span tegnikuste seker gemaak dat die D-Max se reputasie nie in die slag bly nie, maar eerder op gebou word.

Lees: Nuwe naam, stééds die geharde ‘KB’

Die finale produk sien ʼn bakkie wat se algehele wydte met 180mm verbreed is en die grondvryhoogte met 48mm verhoog is; nou 268mm.

Dié’s wat vinnig genoeg is om hierdie beperkte bakkie te koop kan verseker wees dat handelaars hulle altyd te hulp sal staan en dat die bakkie al Isuzu se waarborge insluit.

Die D-Max Arctic AT 35 word in Mei 2019 plaaslik bekendgestel en sal teen R785 000 te koop wees.