Spesiale Range Rover vier Springbok rugby!

Manskap,land rover,range rover,svr,springbok rugby,rugby,range rover sport svr
Foto: Land Rover SA

As daar twee goed is wat Suid-Afrikaners oor seker is, dan is dit biltong en rugby (drie, as jy die Toyota Hilux bytel). En Land Rover weet dit, daarom dat hulle een van die Springbokke se amptelike borge is. Om die verhouding tussen Land Rover en die Bokke te vier, het Land Rover se Special Vehicle Operations (SVO) in Engeland besluit om ʼn Range Rover Sport SVR te omskep in iets wat Springbok rugby verteenwoordig.

Die spesiaal-omskepte Range Rover Sport SVR se ontwerp was deur SVO, Land Rover Suid-Afrika, én SARU (Suid-Afrikaanse Rugby Unie) op besluit en is dit die eerste, en enigste, voertuig wat in die Springbrok-groen afgewerk is. Die kleur was van meet af deel van die proses en word die pakket met Springbok plakkers en geel remknypers afgewerk.

Ander special touches sluit in geel spane agter die stuurwiel waarmee jy van ratte kan verwissel, geel stikwerk op die sitplekke en deure, en groen beligting vir die binneruim.

Manskap,land rover,range rover,svr,springbok rugby,rugby,range rover sport svr
Foto: Land Rover SA

Tasbare konneksie

Jurie Roux, CEO van SA Rugby sê: “Ons het maande gelede besluit om hierdie voertuig saam met Land Rover te ontwerp en SARU is bly om ʼn deel van die resultaat uit te maak. Hierdie projek is die eerste van sy soort vir die Springbokke en ek is seker daar sal heelwat gesprekke onder die spelers wees oor wie dit gaan ry.”

Tina Pienaar-Smit van Jaguar Land Rover SA sê: “Land Rover en rugby gaan hand-aan-hand, so dit maak sin om hierdie verbintenis in motorvorm te wys. Ons het ʼn sterk bron in SVO, en dié se vermoëns is ideaal om die konneksie tussen Land Rover en die Springbokke tasbaar te maak. Ons hoop dat elke lid van die Springbokspan die finale produk net so baie soos ons sal waardeer.”

Suid-Afrikaanse klante kan enige Jaguar Land Rover tak skakel om spesiale ombouings, deur SVO in Engeland, op hul voertuie te laat doen.

Die Range Rover Sport word deur ʼn superaangejaagde 5.0-liter V8 enjin aangevuur. Die 423kW en 700Nm wat die enjin ontwikkel sorg dat hierdie 2.3 ton SUV van 0-100km/h kan spring in 4.5 sekondes! Top spoed word as 280km/h aangegee en kos die model jou R2.35-miljoen. Verwag maar dat die Springbok-weergawe ʼn premie sal dra.

Die Springbok Range Rover Sport SVR sal sy publieke debuut by die 2019 Jaguar Simola Hillclimb maak op 4 – 5 Mei.

Manskap,land rover,range rover,svr,springbok rugby,rugby,range rover sport svr
Foto: Land Rover SA