Swak ereksie en stres? Takel dit hierdie Movember

gesondheid
Foto: Verskaf

Die beste karaktereienskap van omtrent enige man is dat ons die lewe nie ernstig opneem nie. Maar dan eendag, uit die bloute, word ons met ‘n dosis realiteit geslaan. ‘n Realiteit so intens dat dit ons hele leefwyse verander; ‘n realiteit wat jou gesondheid raak. In Suid-Afrika, en wêreldwyd, word alhoemeer mans met gesondheidskwale gekonfronteer.

In die gees van Movember, kyk ons na drie algemen gesondheidskwessies onder mans en hoe jy en jou vriende dit saam kan oorkom.

1. Erektiele disfunksie

Erektiele disfunksie (ED) is een van die mees gevreesde gesondheidsprobleme onder mans, maar om daarvan genees te word maak swaar staat om die oorsake te identifiseer. ED kan aan baie goed
toegeskryf word, maar jou leefstyl speel ‘n belangrike rol in jou verrigting.

Faktore wat ED beïnvloed mag insluit of jy rook, alkohol misbruik, te min rus en oefening, dwelmmisbruik, en ook seksueel aktief jy is. ED se simptome sluit in die onvermoë om ‘n ereksie te kan kry, onvermoë om ‘n ereksie te handhaaf, en ook die onvermoë om ‘n orgasme te bereik of te ejakuleer.

Jy en jou vriende kan saam aan die uroloog besoek aflê. Natuurlik sal almal nie op dieselfde tyd ondersoek word nie, maar dit sal help om die vrees te oorkom. Die uroloog sal dan ‘n roetine ondersoek doen om die penis se kondisie vas te stel. Selfs al sukkel jy nie met ED nie, om afstand van slegte leestylkeuses te doen en selfs die gebruik testosteroon kan die risiko van ED minimaliseer.

2. Prostaatkanker

Tussen die blaas en jou rektum sit die prostaatklier – orgaan wat ‘n belangrike rol in voortplanting speel. So dit is nogal belangrik. Soms, sonder waarskuwing, ontwikkel die prostaat probleme; en as dit nie gou genoeg opgetel word nie, selfs kanker. Die probleem is dat baie mans die belangrikheid van prostaat ondersoeke van die tafel vee. In baie gevalle neem die tumor jare voor dit eers opgetel word of problematies raak. En dan teen daardie tyd is dit al te laat om die kanker te keer.

Die fisiese ondersoek is ‘n bietjie ongemaklik, maar wat is ‘n bietjie ongemaklikheid in vergelyking met kanker?! Deur jou prostaat op ‘n gereelde basis te laat ondersoek kan mens voorkom om kanker te kry. En indien nie, kan mens die risiko kleiner maak. Gereelde ondersoeke – selfs al is daar nie enige gesondheidrisiko’s nie – kan dalk net die sleutel wees om aan te gaan met die leefstyl waaraan jy gewoont is. Hoe ouer mens is, hoe groter is die kanse om prostaatkanker op te doen. Maar, vroeë voorkoming is belangrik.

3. Kardiovaskulêre siektes

Kardiovaskulêre siektes word nie net tot die hart beperk nie; dit affekteer die brein ook. Die twee mees bekende kardiovaskulêre probleme is hartaanvalle en beroertes, maar die regte probleem is dat mans albei kan kry. Wanneer óf ‘n hartaanval óf ‘n beroerte gebeur, beperk dit die bloedvloei na die brein; wat op sy beurt die brein van suurstof ontneem. Faktore wat kardiovaskulêre siektes aanmoedig sluit in ongesonde diëte, te min fisiese oefening en stres, rook, en alkohol misbruik.

Ongelukkig loop sommige man geneties die probleem om ardiovaskulêkre siektes op te doen, maar ‘n paar eenvoudige aanpassings aan jou leefstyl kan die risiko daarvan minimaliseer. Deur net dit wat jy eet te monitor, jou water inname te vermeerder, te stap of te draf, dra klaar by tot ‘n gesonde leefstyl.

Of jy dit in ‘n groep doen of alleen, besoek jou huisdokter vir ‘n gesondheidsondersoek. Volg dit op met oefening, soos byvoorbeeld deur te hardloop, te swem, fiets te ry… Pas ook jou alkohol inname aan, los die rook en eet gesonder. Dit sal help om minder stres op die hart sal plaas.