Video: Lexus ES 250 EX

Manskap,YouTube,lexus,es,lexus es 250 ex,luxury,japan,cape town
Foto: Manskap

Ons het onlangs tyd met die hersiene Lexus ES spandeer en het agter die stuur van die 250 EX geklim. Die ES-reeks bestaan uit twee modelle: hierdie 250 en dan ook ʼn hibriede model.

Gedurende ons tyd met die ES 250 EX kon ons die motor van nader leer ken en het daar heelwat goed rakende die pakket navore gekom. En die grootste hiervan moet sekerlik die fantastiese ritgehalte wees. Teen R593 300 is die ES 250 EX nie goedkoop nie, maar vir wat jy alles kry kan mens amper sweer dat Lexus dit verniet weggee.

Okay okay, ons oordryf seker daai punt ʼn bietjie, maar soos ons in die video sê: Jy sal ver moet soek om iets onder R600k te kry wat só lekker ry. En dan sit jy nog in gemaklike leer sitplekke, ook!

Die ES 250 maak gebruik van ʼn 2.5-liter petrol enjin wat 152kW en 243Nm ontwikkel.

Ons gaan later in méér diepte oor hierdie motor verslag doen.