Video: Mitsubishi Triton op launch

Manskap,mitsubishi,triton,mitsubishi triton,bakkie,truck,pick-up,lp200,south africa,suid-afrika,new triton,2019
Foto: Mitsubishi SA

Die Mitsubishi Triton wat in April bekendgestel was is nie die heel nuwe model nie, maar met die veranderinge wat die vervaardiger aangebring het kon dit net sowel wees.

Die nuwe model spog nou met Mitsubishi se ‘Dynamic Shield’ ontwerpstaal en dra dit nou ʼn voorkant wat omtrent in jou gesig is; prominent én mooi. Mens kan amper sê dat die ontwerp futuristies is, veral oor hoe goed daardie skerp hoeke en lyne bymekaar kom.

Vier modelle maak die nuwe Triton-reeks uit en prys dit nou tussen R509 000 en R590 000. Dit klink dalk na baie geld, maar dis steeds amper R30 000 goedkoper as die ekwivalent Toyota Hilux en Ford Ranger. Die bakkie gebruik steeds die turboaangejaagde 2.4-liter diesel enjin van die vorige model wat 133kW en 430Nm uitskop, maar die enjin word nou aan ʼn ses-spoed handratkas óf ʼn nuwe ses-spoed outomatiese ratkas gekoppel.

Die Super Select II 4×4 stelsel is ook verbeter.

Lees: Nuwe Mitsubishi Triton nou in SA