Video: Spesiale F-Type Chequered Flag

jaguar,f-type,chequered flag,sports car,special edition,limited edition,south africa,manskap,suid-afrika
Foto: Jaguar Suid-Afrika

Jaguar vier hierdie jaar 70 jaar van sportsmotors bou en in 2019 bring die Britse vervaardiger iets spesiaals na die tafel.

Die F-Type Chequered Flag (CF; sommer ons eie afkorting) sal teen April volgende jaar plaaslik beskikbaar wees, maar die model sal voortaan net aan die estetiese aandag skenk eerder as meer krag. Daarmee saam moet mens nie dink dat die CF – wat net in beperkte getalle beskikbaar is – enigsins aan die kortse end gaan trek nie, want Jaguar beloof dat dit met dieselfde lekker rit as die ander modelle toegerus sal wees.

Wat is anders?

Die F-Type CF sal voortaan ʼn swart dak hê wat as kontras teen die wit bakkleur sal dien, sowel as ʼn binneruim wat in Windsor Leer gedek is. Sportiewe sitplekke met ʼn geruite vlaggie in die kopstutte is ook deel van die pakket. Die stuurwiel sal die CF embleem huisves en ʼn rooi band wat die 12h00-merk aandui.

Spesiale 20-duim wiele is vir die CF ontwerp.

Lees: ‘Baba’ F-Type maak dinge los

Die multimedia stelsel met ʼn 10-duim kleur raakskerm is aangepas van die ander F-Type’s s’n en sal ook met Apple CarPlay kan werk.

Wat die enjins betref sal die F-Type CF slegs op die 2.0-liter en V6 modelle beskikbaar wees. In die voorgenoemde ontwikkel die turboaangejaagde 2.0-liter enjin 221kW en 400Nm, terwyl die superaangejaagde 3.0-liter V6, onderskeidelik, 250kW/450Nm en 280kW/460Nm ontwikkel. Al die modelle sal met Jaguar se agt-spoed outomatiese ratkas toegerus wees, maar in die 280kW model het kopers die keuse om die krag na al vier wiele te stuur eerder as net die agterstes.

In 2017 het Jaguar ook ʼn beperkte F-Type na die mark gebring. Die 400 Sport het dieselfde 3.0-liter V6 enjin gebruik, maar het ʼn vuurwarm 294kW en 460Nm ontwikkel.

Lees: Oop ketels met Jaguar F-Type 400 Sport